Joe het sy klank ingeneurswese en musiek vervaardiging kwalifikasies gedoen in Amsterdam, Nederland, waarna hy terug gekom het na Suid-Afrika en baie agter die skerm ervaring opgebou het in studio voor hy deel geword het van die groep ADAM. In die groep het hy meer gefokus op sy toer, skryf en optree kuns en om dit sterk te ontwikkel. Hy het dus minder tyd in studio begin spandeer, maar kort na sy wegbreek van die groep het hy as solo kunstenaar baie meer daarop gefokus om weer voltyds in die studio te wees, as hy nie op die pad is met optredes en bemarking nie. Hy het hierdeur goeie selfvertroue opgebou voor hy hierdie projek aangepak het. Hy kon met hierdie album al die individuele lesse, kennis en ervaring implementeer wat hy die laaste 10-15 jaar van sy lewe aan spandeer het.